Resepte
R350.00
Welkom by Resepte! Hierdie boek se bladsye is propvol geliefkoosde resepte wat ek oor baie jare versamel en opgetower het; van my Ouma se ou klassieke resepte tot my eie skeppings wat almal gaan laat gons oor jou volgende feesmaal!
Jy sal heerlike nageregte ontdek, maklike aandetes, asook prettige en smaaklike afdraaipaadjies van Suid-Afrikaanse gunstelinge (enigeen vir bobotieballetjies?), sowel as paar ongelooflike resepte deur spesiale gaste wat ook, ag, shame, so graag in die boek wou wees.
Hierdie kookboek is vir almal! Al is jy bobaaskok of beginner; al weet jy kwalik hoe om mikrogolfoond te hanteer of dink dat jou maaltye altyd so bietjie verroes lyk: daar sal iets in hierdie kookboek wees vir jou. Strik jou voorskoot aan, liewe mens! Dis tyd om jou eie kreatiwiteit te volg en die kombuis in gastronomiese betowering te omskep. DIY? Want almal kan!
Out of stock
Dimensions | 250 × 190 × 30 mm |
---|---|
Author | |
Author Information |
In 2014 het die aktrise, Julia Anastasopoulos, en Ari Kruger, haar man die filmregisseur, besluit om hul vaardighede en passie vir komedie verder te ontwikkel met projek wat apart staan van hul gewone kommersiele werk. Daar is SuzelleDIY gebore wat nie net tot volskaalse handelsmerk en besigheid ontwikkel nie, maar ook hul geliefde karakter, Suzelle, haar weg na die harte van duisende Suid-Afrikaners en mense oral in die wereld laat vind. SuzelleDIY het verskeie toekennings ontvang, waaronder twee Loeries, die Superbalist 100 en die toekenning vir die Best People and Blogs- kanaal tydens YouTube se bekronings vir 2016. Suzelle ontvang in 2018 drie SAFTA-nominasies en wen die prys vir Beste Regie: TV Komedie. Die twee het intussen ook hul eie kreatiewe produksiehuis gestig onder die naam Sketchbook Studios wat in Woodstock gebaseer is. Die span het suksesvolle handelsprodukte bekend gestel, waaronder Do It Yourself Diary wat meer as 5 000 kopiee verkoop het en hul blitsverkoper, SuzelleDIY the Book, waarvan daar al meer as 15 000 kopiee verkoop het. Suzelle se aanhangers op sosiale media het met die verloop van jare in die mate toegeneem dat dit nie net gehelp het om die handelsmerk te vestig en die verkope van produkte te stimuleer nie, maar ook om ander sosiale entrepreneurs, glanspersoonlikhede en selfs verskeie leidende handelsmerke te ewenaar. Julia en Ari se YouTube-kanaal het meer as 135 000 intekenare met gesamentlike video besigtiging van meer as 26 miljoen, tesame met 100 000 Instagram- en 135 000 Facebook-volgelinge onderskeidelik. Die span stel nou Resepte bekend; nog 'n passie- projek wat liefdevol ontwerp is deur die Sketchbook-familie. Hierdie projek is reeds vir geruime tyd in aanloop en die span kan nie wag om die boek uiteindelik met die wereld te deel nie! |
ISBN |
9781431427512 |
Year of Publication | |
Month of Publication | |
Language | |
Imprint | |
Format |
Deliveries Within South Africa
Free shipping for all orders over R600.
R80.00 flat rate for all orders less than R600.
International Shipping
If you want your order shipped anywhere outside of South Africa, please email websiteorders@jacana.co.za with the list of titles and physical delivery address and contact number. Our team will be in touch to advise on the cost and when you could expect to receive it.
If you are ordering from a country outside of South Africa, please complete your purchase as directed. You will then be contacted by one of our admin team to arrange shipping and delivery to wherever needed.
December Holiday Season
Our last, full (24hr) trading day is 22 December 2020 and we’ll be back to work 6 January 2021. Any orders placed between 18 December 2020 and 5 January 2021 will only be despatched from the warehouse on our return.