Die Boereoorlog

R420.00

Die Nederlandse historikus, Martin Bossenbroek, het in 2013 die Nasionale Nederlandse Geskiedenis-prys gewen vir sy nuwe kroniek oor die oorlog wat Suid-Afrika gevorm het, en die boek is ook in 2013 op die kortlys vir die AKO Letterkunde-prys geplaas. Beide hierdie toekennings is vername Nederlandse letterkundige pryse. Hierdie Afrikaanse hardeband, wat in 2015 as ‘n Engelse en ‘n Afrikaanse sagteband uitgegee gaan word, sal die lof en byval bevestig wat Bossenbroek reeds ontvang het, en aan Suid-Afrikaanse lesers die geleentheid bied om sy unieke storieverteltegniek te ervaar. Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is al verskeie dinge genoem: die oorsaak van apartheid, die voorganger van die Eerste en Tweede Wereldoorloe, en die eerste media-oorlog (waar joernaliste vir die eerste keer by ‘n oorlog ingebed was). Dit het gehelp om die nasiestaat van Suid-Afrika te skep en meer as ‘n honderd jaar nadat die oorlog geeindig het, lei dit steeds tot vurige debatte. In Die Boereoorlog bied Martin Bossenbroek vir die eerste keer aan lesers die volledige storie met ongeewenaarde insig en detail. Bossenbroek volg drie kleurvolle hoofkarakters: die Nederlandse prokureur, staatsprokureur van die Suid-Afrikaanse Republiek, staatsekretaris en uiteindelike Europese gesant Willem Leyds; die Britse oorlogsjoernalis Winston Churchill, en die Boerekryger en toekomstige Suid-Afrikaanse politikus, Deneys Reitz. Bossenbroek se fassinerende nuwe blik op die oorlog troef Thomas Pakenham se klassieke topverkoper, en is ‘n moet-lees vir alle Suid-Afrikaanse geskiedenis-entoesiaste.

Out of stock

Additional information
Weight 0500 kg
Dimensions 235 × 135 × 30 mm
Author

Author Information

Martin Bossenbroek is 'n mede-professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Utrecht in Nederland. Hy het sy eerste graad in 1980 van die Vrye Universiteit van Amsterdam ontvang en in 1992 sy doktoraal van die Universiteit van Leiden. Hy is die outeur van vele akademiese artikels en Die Boereoorlog is sy sewende gepubliseerde boek.

ISBN

9781431410552

Year of Publication

Month of Publication

Language

Imprint

Format

Shipping & Delivery

Deliveries Within South Africa

Free shipping for all orders over R600.

R80.00 flat rate for all orders less than R600.

International Shipping

If you want your order shipped anywhere outside of South Africa, please email websiteorders@jacana.co.za with the list of titles and physical delivery address and contact number. Our team will be in touch to advise on the cost and when you could expect to receive it.

If you are ordering from a country outside of South Africa, please complete your purchase as directed. You will then be contacted by one of our admin team to arrange shipping and delivery to wherever needed.

December Holiday Season

Our last, full (24hr) trading day is 22 December 2020 and we’ll be back to work 6 January 2021.  Any orders placed between 18 December 2020 and 5 January 2021 will only be despatched from the warehouse on our return.