Die Thaise owerhede steur hulle min aan haar pleidooie van onskuld, en lê haar die doodsvonnis op. Na appèl word dit verminder na lewenslange tronkstraf in Bangkok se berugte Lard Yao.
Swanger, vreesbevange, desperaat en alleen begin Goosen se reis van sestien jaar agter tralies. Drie jaar later word sy gedwing om afskeid te neem van haar geliefde dogtertjie. Goosen se verhaal vertel van die vreugde en verlies van moederskap in aanhouding, depressie weens langtermyn-aanhouding en die gedwonge skeiding van geliefdes, en haar terugkeer in 2010 na ’n Suid-Afrika wat sy byna nie herken nie.
About the Author
Joanne Joseph is in Durban gebore, en na vyftien jaar as TV-nuusleser is sy ʼn bekende gesig vir Suid-Afrikaanse kykers. In haar huidige rol as middagnuus-aanbieder op eNCA se 24-uur nuuskanaal voer Joanne gereeld onderhoude met hoë profiel-mense, en hou sy kykers op hoogte van die jongste verwikkelinge op die nasionale en internasionale nuusfront. Sy is passievol daaroor om die menslike invalshoek agter die feite en statistiek van ʼn storie te vind, en die buitengewone verhale van gewone vroue interesseer haar. Joanne het ʼn meestersgraad in letterkunde van Wits. Hierdie is haar eerste boek.
Parameters of Book: |
|
Sub-title: | Sestien Jaar in 'n Thai-Tronk |
Author: | Joanne Joseph with Larissa Focke |
ISBN: | 9781920601249 |
E-book ISBN: | |
Size (mm): | 235x155mm |
Pages: | 212pp |
Format: | Paperback |
Colour: | Black & White with images |
Rights: | World |
Language: | Afrikaans |
Publication Date: | April 2013 |
Availability | In Stock |