Email

Roberts Voëlgids

SKU: NRV
The John Voelcker Bird Book Fund is proud to publish this guide, which complements the large handbook tome Roberts Birds of Southern Africa VII. This is the first regional field guide on the continent of Africa to display multi-coloured distribution maps.

Die John Voelcker Voëlboekfonds is trots op hierdie gids wat aansluit by die lywige publikasie,  Roberts Voëls van Suider-Afrika VII. Hierdie gids is die eerste streekveldgids op die vasteland van Afrika met veelkleurige verspreidingskaarte. Die broeirooster wat gerieflikheidshalwe onder die verspreidingskaarte verskyn, wys die volle broeiseisoen en ook die broeitydspits vir alle spesies.

Dis die eerste omvattende veldgids in suidelike Afrika wat inligting oor voedsel- en broeistrategieë verskaf,  hierby ingesluit is die betekenisse (etimologie) van wetenskaplike name en ook die algemene name in 13 tale. Hierdie inligting, en die 166 geannoteerde illustrasies wat deur sewe van suidelike Afrika se beste voëlkunstenaars gedoen is, sorg dat hierdie gids onontbeerlik is vir beginners sowel as kundiges in ornitologie.

Die Outeurs
Hugh Chittenden
het meer as 30 jaar ervaring in die streek en sy ornitologiese belangstellings het hom tot vele afgeleë plekke in Afrika en elders in die wêreld laat reis. Hugh se passie vir voëlfotografie is wyd bekend en hy is die outeur van die Roberts Voëlgids.  Hy is tans voorsitter van die John Voelcher Voëlboekfonds.

Guy Upfold is ’n vermaarde voëlfotograaf van wie vele foto's reeds in gewilde werke verskyn het.

Die John Voelcker Voëlboekfonds
Die Suid-Afrikaanse Voëlboekfonds is in Desember 1935 gestig om ’n volledige en bygewerkte nuwe voëlboek vir Suider-Afrika onder die outeurskap van Austin Roberts en Norman C.K. Lighton as illustreerder, te befonds. Die suksesvolle en gewilde eerste uitgawe, getitel The Birds of South Africa, het op 8 Junie 1940 verskyn.

Met meer as 300 000 eksemplare van Roberts wat tot op hede verkoop is, is die John Voelcher Voëlboekfonds vasbeslote om die voorloper van publikasies met byderwetse inligting oor voëls in die streek te bly, en ook om publikasies so bekostigbaar as moontlik vir Suider-Afrikaanse voëlkykers te maak.

Parameters of Book: Book
Sub-title: Nasionale Krugerwildtuin en Aangrensende Laeveld
Author: Hugh Chittenden & Ian Whyte
ISBN: 9781770096448
E-book ISBN:  
Size (mm): 210x140mm
Pages: 264pp
format: Paperback
Colour: Full Colour
Rights: World
Language: Afrikaans
Publication Date: 0000-00-00
Availability In Stock