Email

Die Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika

SKU: ZACOA
'n Buitelewegids om jou ervaring van ons kusgebiede te verhoog.

Die Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika neem jou op 'n magiese reis langs ons kuslyn en verken terselfdertyd die ongeskonde skoonheid en geheime lewe van ons natuurerfenis. Dit is 'n basiese veldgids tot die diversiteit van ons kuslyn – van duin tot oseaan – ontwikkel om strandliefhebbers, vakansiegangers, sport- en rekreasiehengelaars op 'n eenvoudige manier te help om daardie plante en diere wat meesal langs ons strande opgemerk en gevang word, te identifiseer. Aangesien baie van die algemene spesies gedek word, bied dit 'n uitstekende inleiding vir mense wat belang stel om van die lewenssoorte wat op ons strande en in die kuswater voorkom, te herken en te verstaan.

Die 3000 km-kuslyn van Suid-Afrika het kontrasterende klimate en habitats wat 'n enorme groot en ryke verskeidenheid plante en diere huisves. Die weskus het koue, voedingsryke water, kelpwoude en laaggroeiende struikgewas op die duine; aan die oos- en noordkus is toestande weer meer tropies met hoër reënval, warmer water, 'n groter verskeidenheid marinelewe en digte kusbos.

Ons vertrou dat hierdie gids by elke gebruiker 'n groter bewussyn van, en waardering vir die uiteenlopende en kontrasterende biodiversiteit van ons ongelooflik mooie en ryke kuslyn sal skep. Ons sluit ook inligting in oor die getye, verskillende habitats en kusgebiede.

Die Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika (ook beskikbaar in Engels) is 'n nuwe toevoeging tot Jacana Media se buitelewereeks. Elk van die ander ekogidse verken 'n besondere gebied in Suid-Afrika, naamlik die Tuinroete, Laeveld & Krugerpark, Gauteng, KwaZulu-Natal en Pilanesberg.

Parameters of Book: Book
Sub-title:
Author: Jacana Maps
ISBN: 9781770092150
E-book ISBN:
Size (mm): 235 x 165mm
Pages: 132pp
format: Paperback
Colour: Full Colour
Rights: World
Language: Afrikaans
Publication Date: 2006-01-01
Availability In Stock