Email

Ontdek Ons Provinsies

SKU: ZOOP
In 'n poging om Suid-Afrikaners se kennis uit te brei oor kritieke aspekte
van die geografie, geskiedenis, omgewing, toerisme, ekonomie en kultuur.
van die land is 'n reeks boeke met die titel Ontdek ons Provinsies,
ontwikkel.

In ’n poging om Suid-Afrikaners se kennis uit te brei oor kritieke aspekte van die geografie, geskiedenis, omgewing, toerisme, ekonomie en kultuur van die land is ’n reeks boeke met die titel Ontdek ons Provinsies, ontwikkel.

Die reeks dek elk van die nege provinsies, is propvol interessante en deurslaggewende inligting oor die mense, diere, plante en plekke waaruit hierdie wonderlike land saamgestel is, en word op ’n uiters toeganklike wyse aangebied. Benewens die honderde interessante feite bevat elke boek gedetailleerde kaarte, kleurfoto’s en pragtige illustrasies.

Die reeks is gemik op skoliere en lesers met ’n medium geletterdheidsvlak maar bevat ook riglyne vir fasiliteerders oor hoe om die inligting ten beste te gebruik om leerders te help met hulle leeswerk en om die kennis wat hulle inwin, toe te pas. Daar is ook ’n afdeling met aktiwiteite wat prettige raaisels en blokkiesraaisels bevat oor die inligting wat in elke boek verskaf word, en ’n lys met webwerwe en naslaanbronne vir lesers wat op hulle eie verdere navorsing wil onderneem. Die hele stel is ook beskikbaar in ’n handige houer.

 

Parameters of Book: Book
Sub-title:  
Author: Mike Cadman
ISBN: 9781770097421
E-book ISBN:  
Size (mm): 233x192mm
Pages: 72pp per book
format: Hardcover
Colour: Black & White
Rights: World
Language: Afrikaans
Publication Date: 2009-01-01
Availability In Stock