Email

Die Veewagtertjie

SKU: G1024afr
Malusi is ’n veewagtertjie wat sy oupa se skape en bokke in die berge van die Transkei oppas. Arende vlieg hoog in die lug, en onder op die grond kruip miskruiers rond, loop termiete in lang rye en hou Malusi stok-gevegte met sy maat. Maar daar is ook gev

Malusi is ’n veewagtertjie wat sy oupa se skape en bokke in die berge van die Transkei oppas. Arende vlieg hoog in die lug, en onder op die grond kruip miskruiers rond, loop termiete in lang rye en hou Malusi stok-gevegte met sy maat. Maar daar is ook gevaar ... Kan Malusi sy lammers red van die honger bobbejaan wat hulle bekruip?

En wie is die ou man in die blink motor wat stilhou om met die seuns te gesels, en die skaapwagtertjie aanmoedig om te bly droom oor sy toekoms?

Hierdie pragtige prenteboek vertel van ’n seun wat groot drome droom. Dit is ’n verhaal van bemagtiging, geloof in jouself en leierskap, en is geïnspireer deur die lewe van oudpresident Nelson Mandela.

Niki Daly se agting vir kinders word altyd pragtig uitgedruk in die boeke wat hy vir hulle skep. Hy het oor die afgelope 33 jaar verskeie plaaslike en oorsese toekennings ontvang vir sy liriese skryfwerk en lewendige illustrasies.

Not So Fast Songololo, wat in 1986 verskyn het, het die Katrine Harries Toekenning en ’n US Parents’ Choice Toekenning ontvang, en was ’n voorloper van die kinderboeke van die nuwe Suid-Afrika. In 2004 het sy boek Once upon a time eervolle vermelding gekry by die US Children’s Africana Book Awards. Die ALA het Jamela’s Dress as ’n Notable Children’s Book aangewys en Booklist het dit as een van die Top 10 Afro-Amerikaanse boeke van 2000 gekies. Jamela’s Dress het ook die Children’s Literature Choice Toekenning, die Parents’ Choice Silwer Toekenning en die Peter Pan Silwer Toekenning in Swede verwerf. In 2009 het hy die Molteno Goue Medalje ontvang vir sy groot bydrae tot Suid-Afrikaanse kinderliteratuur.

Niki en sy vrou, die illustreerder Jude Daly, woon in Kleinmond.

 

Parameters of Book: Book
Sub-title:
Author: Geskryf en geïllustreer deur Niki Daly
ISBN: 978-1-4314-0426-1
E-book ISBN:
Size (mm): 260x250mm
Pages: 36pp
format: Paperback
Colour: Full Colour
Rights: Southern Africa
Language: Afrikaans
Publication Date: 2012-10-24
Availability In Stock